Dokumentêr ontbloot misdrywe by TB Joshua se kerk

’n Driedelige dokumentêr van die BBC het lig gewerp op die verborge lewe van wyle pastoor TB Joshua, stigter van die Synagogue Church of All Nations. Die dokumentêr wat sy eerste segment vandag vrygestel het, ontbloot gevalle van seksuele uitbuiting, vals wonderwerke, toesmeerdery en manipulasie wat oor twee dekades strek. Die BBC het onderhoude gevoer met minstens 30 voormalige lede en werkers van die kerk. Die dokumentêr is getitel The Cult of […]

Read More

Wees op jul hoede, dis verkiesingsjaar

Dis ‘n verkiesingsjaar wat oor die algemeen beteken dat die publiek kan uitsien na talle beloftes, wat begin het by die 3 000 Namibiese dollar pensioentoelaag wat president Hage Geingob op Oujaarsaand voorgestel het. Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê die publiek met op hulle hoede wees en leiers skei van politici.

Read More

Talle faktore kan olie vanjaar beïnvloed

Oliemaatskappye en raffinaderye sal waarskynlik nog ‘n uitdagende 12 maande in 2024 in die gesig staar. Volgens ‘n ontleding deur die Bank of America, sal Brent ru-olie vanjaar gemiddeld 80 Amerikaanse dollar per vat wees. Verlede jaar het die kommoditeit meer as 10 persent verloor in wat as ‘n onstuimige jaar beskryf word, gekenmerk deur […]

Read More

Alweendo sê oor ‘vertragings’ by Baynes

Na aanvanklike studies reeds tussen 1995 en 1998 voltooi is, vorder die Baynes hidroëlektriese aanleg uiters stadig. Die begroting vir die projek waarin Namibië en Angola elektrisiteit sal deel, beloop rondom 1,2 miljard Amerikaanse dollar. Konstruksie moes reeds in 2021 begin het met die dam wat amptelik in werking gestel sou word teen 2025. Dit […]

Read More

Hervatting van skaap-uitvoere is uitstekende nuus vir produsente

Reaksie word ontvang op die nuus dat skaap-uitvoere na Europa teen einde Januarie of begin Februarie by Farmers Meat by Mariental sal hervat. Volgens Günther Ling, die bedryfsdirekteur van Hartlief Groep, is oudits afgehandel. Plaaslike landbou-kenner Wallie Roux het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Read More

Jongste drie jagluiperd-welpies in Indië het baie goeie kans

Nog drie jagluiperd-welpies is gebore by die Kuno Palpur Nasionale Park in Madhya Pradesh, Indië, in die land se voortgesette jagluiperd-herstelplan, wat broodnodige vreugde vir die projek bring. ’n Week gelede het Asha, een van die jagluiperds wat uit Namibië afkomstig is, geboorte gegee aan drie welpies. Die goeie nuus is dat dit wil voorkom […]

Read More

Gaza-volksmoord: Lamola sê dis belangrik om op te tree

Die buurland se justisie-minister, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika het by die Internasionale Geregshof ʼn belangrike stap teen Israel gedoen om die volksmoord wat volgens hom tans in Gaza voorkom, te stop. Lamola het by ʼn kerkdiens in Mbombela, Mpumalanga, gepraat as deel van die ANC-program in aanloop tot die 8 Januarie-verklaring wat eerskomende Saterdag by […]

Read More

Twee vas, twee soek na 9 gemsbokke in park gestroop word

Die polisie is op soek na twee verdagtes in verband met die stroop van nege gemsbokke in die Namib Naukluft Park. Die groep van vier het volgens die mag ‘n bakkie gehuur, die diere met die voertuig ingejaag, hulle geskiet en gelaai. Twee verdagtes het gevlug na hulle op heterdaad betrap is en is nog soek. […]

Read More

Nanso verwelkom 16 nuwe skole, nuwe onderwysposte

Die Namibiese studente-organisasie, Nanso, verwelkom die aankondiging deur die onderwysministerie dat 16 nuwe skole met 732 nuwe onderwysposte vanjaar beskikbaar gestel word. Dit verlig die druk op oorvol klaskamers en algehele tekorte aan infrastruktuur. Kosmos 94.1 Nuus het met Nanso, wat verlede jaar verskeie tekorte in ‘n opname geïdentifiseer het, se woordvoerder Dorothea Nangolo gesels.

Read More

VF+ vra portefeuljekomitee moet oor studentefonds vergader

Die VF Plus het ʼn dringende vergadering van die Parlementêre portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovering aangevra nadat bewerings oor korrupsie deur die Organisasie teen Belastingmisbruik weer ʼn herrie veroorsaak het by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. Die fonds beleef ʼn noodtoestand sedert 2018, toe dit opgesaal is met die belofte van die […]

Read More