NEFF-optog: SPYL sê jeug moenie as politieke voetstukke gebruik word nie

Die Namibia Economic Freedom Fighters, NEFF, het Swapo genooi om saam met hulle op 21 Maart volgende jaar te betoog teen jeug-werkloosheid in die land. NEFF het reeds vir Nampol kennis gegee van die beoogde betoging wat vir 21 Maart volgende jaar geskeduleer is. Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris van Swapo se Jeugliga, Ephraim Nekongo, gepraat wat sê jongmense moenie toelaat dat hulle as “politieke voetstukke” gebruik word deur diegene wat kwessies soos werkloosheid verpolitiseer nie.