Kosmos se Dash-span vorder goed

Die 19de Nedbank Desert Dash vind die naweek plaas, waarin 397 kilometer na die kus op fietse afgelê moet word binne 24 uur. Meer as 1 000 fietsryers het hiervoor ingeskryf, asook 38 fietsryers bo die ouderdom van 50 wat aan die nuwe halwe-Dash sal deelneem. Kosmos 94.1 Nuus het by die Kosmos-span van vier, Servaas Tap, Danie […]

Read More

SARA verwelkom onafhanklike kandidate vir ’24

Die leier van die South African Rainbow Alliance, Colleen Makhubele, moedig onafhanklike kandidate wat aan volgende jaar se algemene verkiesing deelneem, aan om daarop te fokus om die leiding in kiesafdelings te neem. Sowat 400 politieke partye gaan om leiersposisies meeding en die Konstitusionele Hof het bepaal dat onafhanklike kandidate slegs ‘n duisend handtekeninge benodig om […]

Read More

Kenner sê oor Opul-besnoeiings se impak in ’24

Saoedi-Arabië, Rusland en ander lede van Opul-plus, wat meer as 40 persent van die wêreld se olie pomp, het vrywillige uitsetverlagings van sowat 2 miljoen vate per dag vir vroeg volgende jaar ingestem. Dit volg te midde van kommer dat die mark ‘n potensiële surplus in die gesig staar. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende […]

Read More

Bots beperk tot einde ’25 groente-invoere

Botswana sê hy sal beperkings op die invoer van sommige vars produkte uitbrei terwyl die land probeer om selfvoorsienend te word en sy invoerrekening te verminder. Die verbod op die invoer van tamaties, aartappels, uie en ander produkte – wat boere in naburige Suid-Afrika ontstook het en einde Desember sou verval het – sal nou tot […]

Read More

Geslags-apartheid is misdaad teen mensdom

Die wenner van die Nobelprys vir Vrede, Malala Yousafzai, glo geslags-gelykheid behoort verklaar te word tot misdaad teen die mensdom. Sy het die 21ste Nelson Mandela-lesing gelewer. Yousafzai het die huidige situasie in Afganistan beskryf en aktiviste wêreldwyd gevra om saam te staan vir die beskerming van vroue en meisies wat veg vir hulle reg op […]

Read More

Tom Foley vatblaaskans na doodsdreigemente na Wêreldbeker

Rugby: Die Engelse skeidsregter Tom Foley het ‘n onderbreking van toetse aangekondig weens doodsdreigemente en aanlyn beledigings na die Wêreldbekereindstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland, waarin hy die televisie-beampte was. Hy het sy kinders se skole ingelig oor die dreigemente. Foley sê dit is nodig om terug te tree te midde van toenemende venynigheid. Hy gaan steeds Premierskaps-wedstryde hanteer. […]

Read More

Mashatile betreur beurtkrag

Suid-Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê beurtkrag bly een van die hardnekkigste uitdagings in die regering se pogings om die ekonomie te laat groei. Hy het gdie Nasionale Raad van Provinsies toegespreek. Mashatile sê beurtkrag raak ook mense se algehele lewensgehalte, daarom gaan die regering voort om die Energie-aksieplan in te stel om energie-sekerheid te bereik. Hy sê […]

Read More

Covid oortref MIV-sterftes in Namibië

Namibiese sterftes het in 2021 ‘n hoogtepunt bereik met ‘n totaal van 24 220 wat gedurende die jaar, wat ook die dodelikste derde vlaag van Covid verteenwoordig het, aangeteken is. Sedert 2018 was MIV en vigs die hoofoorsaak van sterftes in die ekonomiese aktiewe ouderdomsgroep van 15 tot 59 maar Covid het in 2021 oorgeneem. Kommerwekkend sterf […]

Read More

Klein efundja in Omusati

Kitsvloede is in die noordelike deel van die Omusati-streek aangemeld as gevolg van swaar reën in die westelike opvanggebied van die Cuvelai-Etosha-bekken. Leonard Hango, ‘n senior hidroloog het inwoners gewaarsku om versigtig te wees. Hy het met die nasionale uitsaaier gepraat en die neerslae oor die afgelope dae so uiteengesit. 

Read More

Zim betwis syfers van kinderhandel na SA

Zimbabwe se ministerie van maatskaplike welsyn betwis die aangemelde aantal onbegeleide Zimbabwiese kinders wat in Suid-Afrika onderskep is, weens vrees oor die handel in kinders. Die ministerie sê in teenstelling met die grensbestuursowerheid se getal van 433, is slegs 124 kinders by die Beitbrug-grenspos onderskep. Hiervan is 101 kinders met hul gesinne herenig, en 23 is in […]

Read More