Thai polisie skiet dwelmsmokkelaars dood

Thai-soldate het 15 vermeende dwelmsmokkelaars in ‘n afgeleë noordelike distrik naby die Mianmar-grens doodgeskiet. Die skermutseling Saterdagaand het in die Chiang Rai-provinsie se Mae Fah Luang-distrik, naby die “Goue Driehoek” plaasgevind waar Thailand, Mianmar en Laos grense deel. Die gebied is lank reeds ‘n brandpunt vir smokkelaars. Die beamptes het na die skietgeveg 17 sakke met meer as twee miljoen amfetamiene-tablette gevind.