Weggooi-babas word deur honger, asdrom-krappers gevind

Die oorskot van babas wat gestort word, word gereeld gevind deur lede van die publiek wat in asdromme krap vir kos. Die uitdagings op maatskaplike vlak blyk om te vererger met armoede wat toeneem, bedelaars wat toeneem, en al hoe meer gru-voorvalle wat deur die Namibiese polisie aangemeld word. Kosmos 94.1 Nuus het met deurwinterde politikus Henk Mudge oor die stand van sake gepraat.