MTC se aanlynstelsel vir registrasie is beskikbaar

Die aanlynstelsel vir MTC-kliënte om hulle SIM-kaarte te registreer is beskikbaar. Die stelsel is nou en dan oorlaai en dan is toegang nie moontlik nie maar, die maatskappy vra sy kliënte om geduldig te wees. Die sperdatum van 31 Desember vir registrasie sal nie uitgestel word nie. Die stelsel is beperk tot slimfone en tablette maar volgens MTC is ‘n baie groot meerderheid van die kliënte gebruikers van die toestelle. MTC se skakelbeampte Fikameni Mathias het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.