Matthew Perry is dood as gevolg van ketamien

Die Friends-ster Matthew Perry het gesterf van die “akute effekte” van die magtige kalmeermiddel ketamien wat, gekombineer met ander faktore, veroorsaak het dat die akteur sy bewussyn verloor en in sy borrelbad verdrink het. Die uitslag kom sewe weke na die 54-jarige akteur dood aangetref is. Die vlak van ketamien was so hoog dat dit gelykstaande was aan ‘n algemene narkose wat in ‘n teater gemonitor moet word. Daar was ook ‘n vorm van morfien in sy stelsel gevind. Perry het jare lank gesukkel met dwelmmisbruik. Sy dood is as ‘n ongeluk verklaar.