Xinfeng sal ook litium verwerk

Die Chinese mynmaatskappy Xinfeng Investments gaan 600 miljoen Namibiese dollar belê in die bou van ‘n moderne litiumverwerkingsaanleg wat geskeduleer is om vroeg in 2024 bedrywighede te begin. Volgens plaaslike berigte sê die maatskappy hy verstaan die posisie van die Namibiese regering. Xinfeng het volgens The Brief reeds ‘n omgewingsklaringsertifikaat vir die projek verkry. Die aankondiging kom na die mynminister Tom Alweendo ‘n verbod op die uitvoer van onverwerkte kritieke minerale geplaas het.