‘Dis nie net Katutura-hospitaal wat haglik is nie’

Reaksie is ontvang van die Landless People’s Movement-party oor die toestand van die Katutura hospitaal. Die opgeknapte Katutura Intermediêre Noodsorgeenheid, wat teen ‘n koste van 12,6 miljoen Namibiese dollar voltooi is, is reeds bekend gestel, maar volgens Sean Naude van die Namibian Marshall Rangers is daar in die res van die hospitaal geen vordering te sien nie, en dit is in ‘n haglike toestand. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lifalaza Simataa, die LPM-woordvoerder, wat sê dit is kommerwekkend omdat al die staatshospitale in die land in ‘n slegte toestand is.