Kinders in huis toegesluit, brand dood

‘n Een-jarige seun en sy sussie, 5 het doodgebrand in ‘n sinkhuis in Otjomuise in die hoofstad. Die twee is in die huis toegesluit en die ouers was by die werk. Die oorsaak van die brand is nie bekend nie maar daar word vermoed dat ‘n kers in die huis gebrand het. Inspekteur Elifas Kuwinga […]

Read More

Geen skietstilstand in Tsjad

Rebelle in Tsjad sê een van hulle hoofkwartiere is oornag aangeval in ‘n poging om hulle leier te vermoor. Die aanval het ‘n uur voor die begrafnis van die ontslape President Idriss Deby wat Maandag op die voorstelinie doodgeskiet is terwyl hy op besoek was aan sy magte. Rebelle sê hulle vorder goed en kom […]

Read More

Zuma sê lojale lede word uit party gedwing

Oudpresident Jacob Zuma sê hy is bekommerd dat lojale lede van die ANC uit die party gedwing word en dat die takke daaroor stilbly. Zuma het só gesê op sy 79ste verjaardagviering wat die jeugvleuel van die South African Civic Organisation, SANCO, vir hom in Umhlanga, noord van Durban, gehou het. Zuma sê ANC-lede wat […]

Read More

Verleng Covid-toelaag!

Die Suid-Afrikaanse organisasies Black Sash, Katekani-gemeenskapsprojek en Barona-kindersorg en ondersteuningsentrum het tydens ‘n plakkaatbetoging in Tshwane ‘n ope brief aan die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en Sassa oorhandig om ‘n dringende vergadering te versoek. ‘n Woordvoerder, Eshley Philander, sê hulle eis dat die Covid-19 toelaag verleng word tot ‘n wetgewende en beleids-raamwerk met ‘n versekerde […]

Read More

Wes-Kaap ent vir die vale

Die onmiddellike doelwit van die Wes-Kaapse regering is om so gou as moontlik so veel as moontlik inwoners te laat inent om ‘n derde vlaag Covid-19 besmettings te verhoed. Die Premier van die provinsie, Alan Winde, het dié doelwit uitgestip en die publiek gevra om die taak op te neem om soveel as moontlik van […]

Read More

Jeug sê groen energie moet hulle baat

‘n Omgewingsdrukgroep, die Climate Action Group, sê Suid-Afrika se jeug is die mees benadeelde demografiese groep in die land weens die lae indiensneming en min geleenthede om ‘n volhoubare en welvarende toekoms te skep. Die groep se veldtogleier, Ulrich Steenkamp, het tydens ‘n betoging in Johannesburg ‘n beroep op die regering gedoen om toe te […]

Read More

Libby praat oor ouer politici

Reaksie word ontvang op die kommentaar deur die Namibiese Minister van Arbeid Utoni Nujoma wat meen ouer politici is beter vir die land. Hy het sy verbasing uitgespreek oor die feit dat die land se jeug nie ouer politici vertrou nie. Die voormalige Adjunk Eerste Minister, Dr Libertine Amathila het haar reaksie in die verband […]

Read More

Mango staak bedrywighede

Die laekoste-lugdiens Mango gaan volgens berigte aanstaande maand sy bedrywighede opskort weens finansiële uitdagings. Media berig dat die buurland se Departement van Openbare Ondernemings sowat ‘n kwart van die 10,5 miljard Namibiese doller wat vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens se sakereddingsplan bestem is, na filiale, insluitend Mango, probeer herlei het. Die plan het egter nie ‘n […]

Read More

Napwu druk deur tot NBC gee wat hulle eis

Die Namibiese vakbond vir staatsamptenare Napwu sê hy is vasberade om deur te druk met die staking by die nasionale uitsaaier die NBC tot daar voldoen word aan die eise van die personeel. Die staking het gister middag 1-uur begin en sedertdien is daar geen diens op enige van die NBC se kanale nie. Die […]

Read More

Suurstof-uitdagings in Indië moet opgelos word

Die Eerste Minister van Indië, Narendra Modi, sê die vervaardiging en verspreiding van suurstof aan hospitale moet baie dringend en vinnig verhoog en versnel word. Hy sê maatskappye moet vindingryke manier vind om suurstof aan hospitale te voorsien. Indië ondervind tans sy tweede vlaag Covid-19 besmettings met hospitale wat ‘n ernstige tekort aan beddens en […]

Read More