Zuma sê lojale lede word uit party gedwing

Oudpresident Jacob Zuma sê hy is bekommerd dat lojale lede van die ANC uit die party gedwing word en dat die takke daaroor stilbly. Zuma het só gesê op sy 79ste verjaardagviering wat die jeugvleuel van die South African Civic Organisation, SANCO, vir hom in Umhlanga, noord van Durban, gehou het. Zuma sê ANC-lede wat hulle ten gunste van radikale ekonomiese transformasie uitspreek, het die teiken van suiwering geword. Hy sê takke mag nie stilbly as verkose leiers die spoor byster raak of besluite neem wat strydig is met ANC-resolusies nie.