‘Joints for Jabs’ inentingsveldtog in VSA
‘n Kreatiewe veldtog om mense te kry om hulle in te ent teen Covid is in dele van die VSA van stapel gestuur. Die inisiatief, ‘Joints for Jabs’ verskaf ‘n dagga-sigaret na ‘n Covid-inenting toegedien is. ‘n Soortgelyke inisiatief is ook in New York gehou. Drukgroepe benut die tipe van veldtog om wetgewing in verband […]
Job se ‘Dankie Botswana’ gesteel
Die Burgemeester van Windhoek Job Amupanda se Toyota Corolla voertuig is vanoggend in Rocky Crest gesteel. Die voertuig was buite die erf geparkeer. ‘n Beroep is op die publiek gedoen om uit te kyk vir die voertuig. Simon Amunime, Woordvoerder van die Regstellende Herposisionering Beweging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Herwinbare tandepasta-buisie op pad
‘n Vervaardiger van tandeprodukte het ‘n herwinbare buise vir tandepasta in Suid-Afrika bekendgestel. Francois Falls van Colgate Suid Afrika sê hoewel die ontwikkeling van die buisie Colgate se projek is, kan alle vervaardigers daarby baat vind. Colgate hoop om teen 2025 na die gebruik van ‘n herwinbare en herbruikbare verpakking vir tandepasta oor te skakel […]
Clicks sluit aan by inentings
‘n Suid-Afrikaanse apteek-kleinhandelreus sê hy werk nou saam met regeringsdepartemente en organisasies wat betrokke is by die nasionale entstof-program. ‘n Woordvoerder van Clicks sê die maatskappy se planne om in die komende boekjaar 40 nuwe winkels oop te maak as deel van ‘n 745 miljoen Namibiese doller uitbreiding, sal die inentingsprogram aanhelp. Altesaam 62 Clicks-apteke […]
Job se ‘Dankie Botswana’ gesteel
Die Burgemeester van Windhoek Job Amupanda se Toyota Corolla voertuig is vanoggend in Rocky Crest gesteel. Die voertuig was buite die erf geparkeer. ‘n Beroep is op die publiek gedoen om uit te kyk vir die voertuig. Simon Amunime, Woordvoerder van die Regstellende Herposisionering Beweging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Tafelbergpark steeds gesluit
Spanne van SANParke het met opruimingswerk in die Tafelberg Nasionale Park begin ná die brand wat by die Rhodes-gedenkteken ontstaan, en vir vier dae in die gebied gewoed het. ‘n Woordvoerder van SANParke, Rey Thakhuli, sê die Nuweland-woud, die gebied by die Rhodes-gedenkteken, Deerpark en die Stadskom-gebied in die noordelike deel van die park bly […]
SA se gesondheidsektor belemmer ekonomie
Die sakegroep in die buurland Business Leadership SA sê wanadministrasie in die openbare gesondheidsektor kos die land en die ekonomie baie. Sowat 80 persent van Suid-Afrikaners maak staat op die 4 300 inrigtings in die land. Uitvoerende Hoof Busi Mavuso sê die staat sal in vennootskap met die privaat sektor toegang tot die beste moontlike […]
Babi: dis die laaste uitstel
Windhoek Landdros Linus Samunzala het die Staat ‘n finale uitstel gegee in die saak teen die selfverklaarde profeet, Jackson Babi. Die Aanklaer-Generaal moet besluit waarvoor hy aangekla sal word. Babi het drie sake op die hofrol. Een wat verband hou met die besit van renoster horings, die jag van ‘n renoster en omkopery. Daar is […]
16 miljoen kinders in Afrika agter met inentings
Meer as 16 miljoen kinders in Afrika loop die risiko om masels op te doen. Sedert inentings vir die siekte gedoen is het die sterftesyfer skerp gedaal. In 1980 het 2,6 miljoen kinders gesterf as gevolg van masels en teen 2014, het die syfer gedaal na 73 000. Covid het vertragings in die inentingsprogram teen […]
So lyk jou reën voorspelling
Boere, veral droëland mielieprodusente kort nog ‘n bietjie reën om die beste oes te verseker… Kosmos 94.1 Nuus het die jongste voorspelling van die Windhoek weerkantoor by Odillo Kgobetsi gekry.