Geen skietstilstand in Tsjad

Rebelle in Tsjad sê een van hulle hoofkwartiere is oornag aangeval in ‘n poging om hulle leier te vermoor. Die aanval het ‘n uur voor die begrafnis van die ontslape President Idriss Deby wat Maandag op die voorstelinie doodgeskiet is terwyl hy op besoek was aan sy magte. Rebelle sê hulle vorder goed en kom al hoe nader aan die hoofstad N’Djamena. Daar is beroepe vir ‘n skietstilstand om Deby te begrawe. Die Franse President Emmanuel Macron woon dit vandag by, saam met verskeie staatshoofde.