Krisis is lugvaart eintlik erger
Die Internasionale Lugvervoervereniging, bekend as Iata, sê verliese in die lugvaartbedryf sal toeneem en dat die krisis langer sal voortduur as wat in Desember voorspel is. Linden Birns, die Media Betrekkingsadviseur van Iata…
Jeugraad plaas geslagsgeweld in kollig
Die Nasionale Jeugraad het sy veldtog teen geslagsgeweld vandag bekend gemaak en sal Dinsdag ‘n optog in die hoofstad hou, as deel van verskeie geleenthede. Bertha Tobias, ‘n lid van die Shut it all Down-beweging het by die perskonferensie gepraat.
Wapenlisensie beslissing in SA verwelkom
AfriForum is tevrede met die Appèlhof se beslissing dat eienaars van vuurwapens waarvan die lisensies verval het, om nuwe lisensies mag aansoek doen. Die organisasie sê die polisie het aanvanklik geweier om nuwe aansoeke van mense in só ‘n situasie te oorweeg. Dit is gebaseer op ‘n brief in Februarie 2016 van die nasionale kommissaris […]
Huis opgeëis vir N$52 700 se skuld
Daar was 106 sake voor Regters Collins Parker en Herman Oosthuizen in die Mosiehof in die hoofstad vanoggend, waarvan 49 deur kommersiële banke gebring is. ‘n Totaal van 27 eiendomme met uitstaande skuld van net meer as 34,4 miljoen Namibiese doller is teruggevra terwyl 4 voertuie ook opgeëis is. Agtien lenings ter waarde van 5,65 […]
NBC is lamgelê
Die NBC se dienste is lamgelê met die heersende staking. Op die oomblik hou werknemers en die vakbond Napwu, voet by stuk dat die verhoging soos geëis betaal moet. Intussen het talle Namibiërs geen toegang tot inligting nie. Die NBC se Direkteur-Generaal Stanley Similo…
Aanstelling van jeugdiges is nie nuut nie – analis
Reaksie word ontvang op die aanstelling van 22-jarige Patience Masua, tans die Voorsitter van die SAOG Jeugforum as parlementslid vir Swapo sonder stemreg. Masua vervang die voormalige Minister van Verdediging Peter Vilho wat vroeër uit sy pos bedank het. Dr Phanuel Kapaama, ‘n Politieke Ontleder sê dit is nie die eerste keer wat ‘n jong […]
En hoe lyk dinge by die mielieboere?
Van die droëland mielieboere in die Noorde het kommer oor die stand van hulle lande. Van hulle sê hulle het nog ‘n bui of twee nodig om sy oes deur te stoot terwyl ander weer vertraag was of het te veel reën net na aanplantings ontvang. Herman Stroh van die plaas Hanssenia, 25 kilometer buite […]
Basters stem vir Kaptein
Die Bastergemeenskap van Namibië gaan môre stembus toe om ‘n nuwe Kaptein te verkies. Die voormalige Kaptein John McNab is verlede jaar oorlede. Jade Izaaks, die Rehoboth Baster Gemeente se woordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
NBC is lamgelê
Die NBC se dienste is lamgelê met die heersende staking. Op die oomblik hou werknemers en die vakbond Napwu, voet by stuk dat die verhoging soos geëis betaal moet. Intussen het talle Namibiërs geen toegang tot inligting nie. Die NBC se Direkteur-Generaal Stanley Similo…
Aanslag tot San moet verander
Die leier van die PDM-party McHenry Venaani sê die aanslag wat die regering volg ten opsigte van die opvoeding en onderwys in die San gemeenskap is verkeerd. Die gemeenskappe ontsnap nie die siklus van armoede nie en dit kom voor oral waar hulle hulleself in die land bevind… Venaani het bygedra tot die gesprek in […]