Napwu druk deur tot NBC gee wat hulle eis

Die Namibiese vakbond vir staatsamptenare Napwu sê hy is vasberade om deur te druk met die staking by die nasionale uitsaaier die NBC tot daar voldoen word aan die eise van die personeel. Die staking het gister middag 1-uur begin en sedertdien is daar geen diens op enige van die NBC se kanale nie. Die werknemers eis salaris verhogings wat die korporasie sê onmoontlik is om te betaal. Napwu sê dit is geen verskoning nie omdat die eise van die vorige jaar se begroting geëis word en die bestuur het aan hulleself prestasie bonusse verlede jaar togegeken. Die bonusse was 5,4 miljoen doller werd.