Wes-Kaap ent vir die vale

Die onmiddellike doelwit van die Wes-Kaapse regering is om so gou as moontlik so veel as moontlik inwoners te laat inent om ‘n derde vlaag Covid-19 besmettings te verhoed. Die Premier van die provinsie, Alan Winde, het dié doelwit uitgestip en die publiek gevra om die taak op te neem om soveel as moontlik van die provinsie se 720 000 inwoners ouer as 60 te help registreer. Winde het bevestig dat die provinsiale regering dié inentings vóór einde Junie wil afhandel: