Zim-spreker sê Swapo moet grondkwessie gewelddadig hanteer
Aanmerkings deur die Zimbabwiese openbare spreker Joshua Mapongo by Swapo se manifesberaad het kommer uitgelok. Hy sê die regerende party moet homself gedra soos ‘n leier en ophou om verskoning vra. Volgens hom moet Swapo die grondkwessie hanteer soos China wat al die grond in die land besit en dit verhuur. Hy het die party […]
Mashatile sê GNU werk om beleggings te stimuleer
Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering het verskeie stappe gedoen om buitelandse belegging te stimuleer, insluitend eenvoudige belastingreëls en ‘n mededingende regulatoriese raamwerk. Hy het gister vrae oor ‘n reeks kwessies in die Nasionale Vergadering beantwoord, insluitend oor die ekonomie, die waterkrisis en uitdagings in munisipaliteite. Mashatile sê die regering van nasionale eenheid is van […]
Rusland ontplooi 8 000 N-Koreaanse troepe na Kursk
Die Verenigde State sê sy intelligensie dui aan dat daar op die oomblik 8 000 Noord-Koreaanse troepe in Rusland se Kursk-streek ontplooi is en dat die troepe, wat deel is van die 10 000 wat aanvanklik gestuur is, reeds opgelei is en binnekort teen die Oekraïne sal ontplooi word. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, […]
Vermeende fynproewer kaasdief aangekeer
Die Britse polisie het ‘n 63-jarige man in hegtenis geneem in verband met die diefstal van 22 ton kaas. Hy word ondersoek vir bedrog en die hantering van gesteelde goedere. Die kaas is verlede week by Neal’s Yard Dairy in Southwark in die suide van Londen gesteel. Die maatskappy sê hy het cheddar in kaasdoek […]
Kosmos 94.1 verjaar, ons is 23!
Ons vier vandag fees! Namibië se enigste Afrikaanse kommersiële radiostasie, en jou gunsteling, is vandag 23 jaar oud. Kosmos 94.1 Nuus het met sy stigter en veteraan-uitsaaier Kolie van Coller gesels oor die merkwaardige mylpaal.
NLU moedig boere aan om gebruik te maak van BoN se nuwe bankvoordele
Banke moet ingevolge ‘n nuwe bepaling van die Bank van Namibië ondersteuning bied aan droogte-geaffekteerde boere, insluitend die herstrukturering van lenings en noodfinansiering onder voorkeurvoorwaardes. Dit is om die landbousektor wat in nood is weens die droogte, te help stabiliseer. Reaksie is ontvang van Tanja Dahl, die senior beampte vir projek-bemarking en kommunikasie by die […]
NSA het geloofwaardigheid verloor – Rowland Brown
Cirrus-ekonoom Rowland Brown het sy misnoeë uitgespreek in verband met die Namibiese Statistieke-agentskap se versuim om arbeidsmagdata vry te stel, ‘n jaar nadat dit ingesamel is. Hy sê dit is eerder ‘n wending wat Noord-Korea waardig is as Namibië. Dit beteken dat die jongste amptelike werkloosheidsdata waarvan ons beskik is die 2018-syfers is. Dit was […]
Verlengde kraamverlof in staatdiens is verkiesingsfoefie
Kraamverlof vir staatsdienswerknemers is van 12 tot 14 weke verleng en ‘n “aanvulling”-betaling is ingestel om te verseker dat werknemers hul volle basiese salaris ontvang. Die aanvulling sal die verskil tussen hul gewone salaris en die Maatskaplike Sekerheidskommissie se kraamverlofvoordeel dek. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike arbeidskenner Herbert Jauch gesels, wat sê hierdie […]
Voorlopige uitslae toon Masisi is uit die kussings gelig
Botswana se regerende party het ‘n skokkende verkiesingsnederlaag gely ná byna ses dekades aan bewind, volgens voorlopige verkiesingsuitslae. President Mokgweetsi Masisi se Botswana Demokratiese Party het Vrydag sy greep op mag verloor nadat opposisiepartye 31 van 61 setels in die parlement gewen het. Masisi se party het teen vroeg vanoggend net een setel gekry. Die […]
DBN dra N$21 miljard aan ekonomie by
“Groei in die nalatenskap van volhoubare ontwikkeling” is die titel van die Ontwikkelingsbank van Namibië se 2023/2024 geïntegreerde jaarverslag. Volgens die bank se uitvoerende hoof, dr. John Steytler, het die bank gedurende die afgelope 20 jaar meer as 21 miljard Namibiese dollar tot die ekonomie bygedra. Hy het gepraat by die verslag se vrystelling. Steytler […]