Mango staak bedrywighede

Die laekoste-lugdiens Mango gaan volgens berigte aanstaande maand sy bedrywighede opskort weens finansiële uitdagings. Media berig dat die buurland se Departement van Openbare Ondernemings sowat ‘n kwart van die 10,5 miljard Namibiese doller wat vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens se sakereddingsplan bestem is, na filiale, insluitend Mango, probeer herlei het. Die plan het egter nie ‘n kontant-reddingsboei vir Mango ingesluit nie. Richard Mantu van die departement sê hulle is besig met onderhandelings oor die herposisionering van die filiale in die lig van die vertraging met die befondsing.