Suurstof-uitdagings in Indië moet opgelos word

Die Eerste Minister van Indië, Narendra Modi, sê die vervaardiging en verspreiding van suurstof aan hospitale moet baie dringend en vinnig verhoog en versnel word. Hy sê maatskappye moet vindingryke manier vind om suurstof aan hospitale te voorsien. Indië ondervind tans sy tweede vlaag Covid-19 besmettings met hospitale wat ‘n ernstige tekort aan beddens en suurstof ondervind. Meer as 16,2 miljoen mense in Indië het sedert die uitbreking verlede jaar die korona-virus opgedoen, waarvan 332 500 in vorige 24 uur aangemeld is. Modi het amptenare opdrag gegee om toe te sien dat die voorsiening van suurstof aan hospitale glad en sonder oponthoud verloop.