Verleng Covid-toelaag!

Die Suid-Afrikaanse organisasies Black Sash, Katekani-gemeenskapsprojek en Barona-kindersorg en ondersteuningsentrum het tydens ‘n plakkaatbetoging in Tshwane ‘n ope brief aan die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en Sassa oorhandig om ‘n dringende vergadering te versoek. ‘n Woordvoerder, Eshley Philander, sê hulle eis dat die Covid-19 toelaag verleng word tot ‘n wetgewende en beleids-raamwerk met ‘n versekerde begroting gereed is vir die instelling van ‘n basiese inkomste-toelaag. Sy sê die hoë werkloosheidskoers het dringend aandag nodig: