Kitshoff bly aan by WP

Die ervare stut, Steven Kitshoff, het sy kontrak met Westelike Provinsie se beroepsrugby-unie met drie jaar verleng en is ook as die Stormers se nuwe kaptein aangewys. Salmaan Moerat is die nuwe onder-kaptein. Kitshoff het sy debuut vir die Stormers in 2012 gemaak en het sedertdien 101 keer vir die span uitgedraf. Die hoof-afrigter van die Stormers, John Dobson, sê om ‘n speler van Kitshoff se kaliber as kaptein te hê, beteken baie vir die span se toekoms.