Meatco besoek Ghana

‘n Afvaardiging van Meatco bring die week besoek aan Ghana om moontlike handelsooreenkomste vir die uitvoer van Namibiese vleis en vleisprodukte na die land te beding. Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Penda Naanda, fasiliteer die besoek. Hy het bekendgemaak dat die ministerie met aktiewe diplomasie sal voortgaan om Namibiese besighede te help om die voordele te benut wat die Afrika-kontinentale Vryehandelsooreenkoms bied. Undamuje Hambira, Meatco se woordvoerder oor die sending het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…