Cross-country reeks hierdie naweek in Kleine Kuppe

Die Namibiese Fietsryfederasie bied hierdie naweek saam met die Rock and Rut Bergfietsklub die klub cross-country reeks wedrenne en die UCI-cross-country junior reeks wedren aan. Dit sal Saterdagoggend om 9-uur by die IJG-roetes in Kleine Kuppe, Windhoek plaasvind. Die reeks, wat al meer as 20 jaar plaasvind, sal na verwagting meer as 100 plaaslike bergfiets-entoesiaste lok. Elenor Grassouw, die sekretaris van die Namibië Fietsryfederasie, het met Kosmos 94.1 Sportnuus gesels.