NUS soek maandelikse nie-onderrigbetalings by NSFAF

Die Studente-unie van Namibië, NUS, wil hê dat alle studente teen die einde van hierdie maand maandelikse nie-onderrigbetalings van die Namibiese studente finansiële hulpfonds, NSFAF, ontvang. Die unie se president, Benhard Kavau, sê as die hulpfonds nie aan hul pleidooi gehoor gee nie, sal hulle ‘n betoging hou. Dit kom nadat studente hul kommer gedeel het oor die fonds wat nie hulle nie-onderrig-gelde betyds betaal nie. Kavau voeg by dat instellings moet begin om fakture betyds aan die hulpfonds te stuur om vertragings te vermy. Kavau het tydens ‘n perskonferensie in die hoofstad gepraat.