Benede-Oranjerivier styg uiteindelik

Die watervlak van die Zambezirivier by Katima Mulilo het vanoggend effens afgeneem van 1,38m tot 1,37m. Die Okavangorivier by Rundu is steeds laer as dieselfde tyd verlede jaar en die watervlak was 5,37m. Die Kunenerivier by Ruacana het vanoggend teen 300,6 kubieke meter per sekonde gevloei. Die watervlak by Blouputs en Sendelingsdrift aan die benede-Oranjerivier het albei vanoggend ‘n styging van 13cm aangeteken. Dit is waarskynlik weens die stormreën wat verlede week in die Oranje se opvang-gebied geval het.