Aandelemarkte styg in Asië, Europa

Aandelemarkte in Asië en Europa het vandag gestyg met handelaars wat besin oor die vooruitsigte vir Amerikaanse rentekoerse. Oliepryse neig steeds laer weens minder aanvraag in die Verenigde State en kwynende vrese oor ‘n streeksoorlog in die Midde-Ooste. Beleggers het verkope op Wall Street ignoreer waar tegnologiefirmas getref is deur bekommernisse van rentekoerse wat langer as verwag, hoog sal bly. Kommentaar van amptenare van die Federale Reserweraad het die siening versterk oor taai inflasie en ‘n veerkragtige Amerikaanse ekonomie wat die bank sal verhoed om die monetêre beleid binnekort te verslap.