Haaie laat rus Springbok-sterre vir Glasgow-wedstryd

Rugby: Die Haaie het verskeie veranderings gemaak vir hul VRK-kragmeting in Skotland teen die Glasgow Warriors. Die kaptein, Lukhanyo Am, die vleuel, Makazole Mapimpi, die skrumskakel, Jaden Hendrikse, die stut Ox Nche, die haker, Bongi Mbonambi, en die slot Eben Etzebeth, kry almal ruskans. Die afrigter, John Plumtree, het die behoefte in ag geneem om ‘n vars span te hê wat oor net meer as twee weke in die Uitdaagbeker-halfeindstryd speel.