Vermeende baba-verkragter borg geweier

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy babaseun verkrag het, is borg in die Okongo-landdroshof geweier. Die ouderdom van die kleintjie is nou bekend en hy is 19 maande oud. Volgens hoofinspekteur Victor Haludilu, wat die saak ondersoek, is die man in hegtenis geneem na die publiek owerhede ingelig oor waar hy hom bevind. Hy het reeds op 12 April gevlug, nadat die ma van die kleintjie, en sy lewensmaat, hom op heterdaad betrap het waar hy die kind verkrag, en was soek. Sy saak is tot 29 September uitgestel vir ‘n formele borgaansoek. Sy identiteit kan nie bekend gemaak word nie om die slagoffer se identiteit te beskerm.