As Israel Hamas oorwin, is Turkye volgende: Erdogan

Turkye se president, Recep Tayyip Erdogan, beweer Israel sal Turkye teiken sou hy Hamas in die Gazastrook oorwin. Erdogan, ‘n sterk kritikus van Israel se oorlog in die Palestynse gebied na Hamas se aanval op 7 Oktober, het dikwels steun uitgespreek vir die Palestynse groep as verdedigers van hulle tuisland. Die Turkse leier het Maandag gesê meer as ‘n duisend lede van Hamas word in Turkse hospitale behandel te midde van die voortgesette oorlog in Gaza.