Wes-Kaapse premier sê NGV-wet is ongrondwetlik

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering in sy huidige vorm is ongrondwetlik en sal onbekostigbaar en onprakties wees. President Cyril Ramaphosa onderteken die wet vandag. Winde sê hoewel die nasionale regering verskeie stukke wetgewing en beleidstukke moet opstel en instel om die NGV ‘n werklikheid te maak, moet die raamwerk wat in die wetsontwerp is, korrek wees.