Skenk ‘n warm dingetjie aan die DBV, asb

Die koue is op pad en die Dierebeskermingsvereniging reik weer uit na die Namibiese gemeenskap om hulle by te staan. Die DBV verstaan dat verbruikers onder druk is maar, talle diere, wat selfs by die vereniging insluit, moet buite slaap, en kort ‘n warm lê-plekkie. Hanna Rhodin, die DBV se nasionale direkteur het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.