Die naweek was keerpunt in pandemie vir kus

Terwyl die verkeer redelik stil was oor die Paasnaweek, was kusdorpe baie besig. Die kusgebied het veral gebuk gegaan onder lang inperkings met talle besighede wat staatmaak op toerisme wat gesluit het. Die bekende Swakopmundse sakeman Anton von Wietersheim sê dit kom vir hom voor asof die afgelope langnaweek ‘n draaipunt was in die pandemie.