Son skiet die grootste son-vlam in byna 2 dekades uit!

Die son het Dinsdag sy grootste vlam in byna twee dekades uitgeskiet, net dae nadat hewige son-storms die aarde getref het en skitterende noorder- en suiderligte op ongewone plekke sigbaar gemaak het.

“Die son is nog nie klaar nie,” sê die Nasionale Oseaniese en Atmosferiese Administrasie in ‘n aankondiging.

Hierdie is die grootste opvlamming van die son in sy 11-jaarlikse sonsiklus, wat sy hoogtepunt nou nader. Die goeie nuus is dat die aarde die keer reg uit die vuurlyn van die son-vlam sal wees. NASA se Solar Dynamics Observatory het die helder flits van die X-straal van die vlam vasgevang. Dit was die sterkste sedert 2005, en op die skaal vir hierdie son-vlamme gegradeer as X8.7.

Dit volg op byna ‘n week van massa-uitstralings van koronale plasma, wat gedreig het om krag en kommunikasie op aarde en ‘n satelliet se wentelbaan te ontwrig.

NASA het gesê die naweek se geomagnetiese storm het veroorsaak dat een van sy omgewing-satelliete onverwags roteer het weens verminderde hoogte weens die son-storm, en na ‘n beskermende hibernasie, bekend as veilige modus, oorgeskakel het. By die Internasionale Ruimtestasie is die sewe ruimtevaarders aangeraai om in gebiede met sterk stralings-beskerming te bly.

Fotos verskaf: NASA