Spelers soos Williams, Halep, Thiem nie promotorskeuses vir Franse Ope

Tennis: Die Grand Slam-kampioene Venus Williams, Simona Halep, Caroline Wozniacki en Emma Raducanu is nie genooi as promotorskeuses vir die Franse Ope nie weens hulle lae posisies op die wêreldranglys. Die voormalige Amerikaanse Ope-kampioen, Dominic Thiem, wat aan die einde van die seisoen uittree, het ook nie plek gekry nie. Thiem, Wozniacki en Raducanu kan steeds plek kry in die hooftrekking deur die kwalifiseringstoernooi, wat Maandag begin. Die tweede Grand Slam-toernooi van die jaar begin volgende Sondag in Parys.