DRK: Twee besope soldate skiet 15 dood

Twee besope Kongolese soldate het 15 mense doodgeskiet in afsonderlike aanvalle in die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo. Volgens berigte het een “bedwelmde” soldaat agt passasiers doodgemaak en sewe beseer aan boord ‘n boot op die Tanganjika-meer. Burgerlikes is onder die oorledenes. Een soldaat is deur burgerlikes aangeval en  hy is dood aan sy beserings. Oor die naweek het ‘n ander soldaat die lyfwag van ‘n kolonel doodgeskiet voordat hy die kolonel en vyf burgerlikes by Bambu, in Djugu-gebied doodgeskiet het.