Vertroue in die polisie is noodsaaklik

Namibiese wetstoepassers doen ‘n beroep op die publiek om aan te hou om saam met die polisie te werk en vertroue in die polisie te hê om misdaad in die land te bekamp. Oor die afgelope maande is gesien hoe hulp van die publiek daartoe gelei het dat sommige misdadigers suksesvol aangekeer is. Gemeenskaps-polisiëring beteken […]

Read More

Watergehalte word by eThekwini gemonitor

Die eThekwini-munisipaliteit monitor steeds die watergehalte in riviere deur middel van toetse en veldopnames. Dit volg na die naweek se ontdekking van dooie visse by die Isipingo-strandmeer. Volgens die woordvoerder van die stad, Lindiwe Khuzwayo is spesialis-skoonmaakspanne op die toneel om die visse op ʼn verantwoordelike wyse te versamel en weg te neem:

Read More

Nuwe soönotiese virus in China

Minstens 35 pasiënte in twee Chinese provinsies is besmet met die Langya henipavirus,volgens ‘n verslag in The New England Journal of Medicine. Navorsers sê daar is tot op hede geen bewyse dat die virus tussen mense oorgedra word nie, wat daarop dui dat dit soönoties versprei. Alhoewel die steekproef klein is, vermoed hulle dat Langya-virus deur spitmuise gedra word. Die meerderheid pasiënte in die Shandong- en Henan-provinsies van China geïdentifiseer. 

Read More

Kaapstad help met massasterilisasies van diere

Die Stad Kaapstad tree weer eens in samewerking met dierewelsynsorganisasies op in belang van dieregesondheid. Die Stad se Stadsgesondheid het sedert 2013 fondse uitbetaal wat die Kaapse Dierewelsynsforum in staat gestel het om duisende diere in geïdentifiseerde gebiede te steriliseer, onwelkome werpsels te voorkom en om dieregesondheid te bevorder. ʼn Woordvoerder van die stad, Patricia […]

Read More

Landbou-sensus sal hierna kyk…

Die Namibiese Statistieke-agentskap het meer inligting bekend gemaak oor op watter data daar gefokus sal word met die landbou-sensus wat in die land uitgevoer sal word. Die agentskap het kragte met die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie saamgesnoer vir die landbou-sensus met ‘n skenking van 3,4 miljoen Namibiese dollar. Die sensus sal 18 maande duur […]

Read More

N/a’an ku sê in die hof oor Rest se voëls

Die saak waar N/a’an ku sê poog om besit te neem van agt voëls van die Rare and Endangered Species Trust, of te wel Rest, kom vandag in die hoërhof voor regter George Coleman voor. Rest ontbind al sy bedrywighede in Namibië en het die voëls, wat almal endemies is aan Namibië aan N/a’an ku sê geskenk. Maar, die ministerie van omgewingsake wil die voëls konfiskeer en het […]

Read More

Trump pleit die ‘vyfde’ onder eed

Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, het geweier om vrae onder eed te beantwoord in die New Yorkse burgerlike ondersoek na sy saketransaksies. Staatsamptenare beskuldig die Trump-organisasie dat hy belastingverligting en lenings deur bedrieglike of misleidende batewaarderings gekry het. Trump kritiseer in ‘n verklaring die New Yorkse prokureur-generaal, Letitia James, en die ondersoek. Hy sê James het haar […]

Read More

Serena groet in Toronto

Die gouemedaljewenner van die 2020 Olimpiese Spele in Tokio, Belinda Bencic, het die 23-malige grand slam-kampioen, Serena Williams, met 6-2 en 6-4 afgeransel om die laaste 16 by die Kanadese Ope in Toronto te haal. Williams het aangekondig dat sy die sport ná die Amerikaanse Ope later die maand gaan vaarwel roep en vroeër aan […]

Read More

Bring jou kuns, aansoeke nou oop

Kreatiewe entrepreneurs word uitgenooi om hul plaaslik vervaardigde produkte te gaan vertoon en verkoop tydens die sluitingsdag van die Otjomuise Live Arts Festival op 22 Oktober by die Penduka Village. Kunstenaars van pottebakkery en sketse tot kunsvlyt en plaaslike skoonheidsprodukte word genooi om aansoek te doen vir ‘n stalletjie. Aansoeke is nou oop tot 19 […]

Read More

Bek- en klouseer in SA kan voordeel vir Namibië inhou, maar…

‘n Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom sê die Namibiese veesektor kan baat vind by Suid-Afrika se krisis met bek-en-klouseer. Die Suid-Afrikaanse landbou-bedryf is in rep en roer oor die verspreiding van bek- en klouseer in die ses provinsies van KwaZulu-Natal, Limpopo, Noord-Wes, Gauteng, Vrystaat en Mpumulanga. Dr. Kobus Laubscher, sê Namibiese produsenste kan nou nuwe markte penetreer, maar […]

Read More