Watergehalte word by eThekwini gemonitor

Die eThekwini-munisipaliteit monitor steeds die watergehalte in riviere deur middel van toetse en veldopnames. Dit volg na die naweek se ontdekking van dooie visse by die Isipingo-strandmeer. Volgens die woordvoerder van die stad, Lindiwe Khuzwayo is spesialis-skoonmaakspanne op die toneel om die visse op ʼn verantwoordelike wyse te versamel en weg te neem: