Bring jou kuns, aansoeke nou oop

Kreatiewe entrepreneurs word uitgenooi om hul plaaslik vervaardigde produkte te gaan vertoon en verkoop tydens die sluitingsdag van die Otjomuise Live Arts Festival op 22 Oktober by die Penduka Village. Kunstenaars van pottebakkery en sketse tot kunsvlyt en plaaslike skoonheidsprodukte word genooi om aansoek te doen vir ‘n stalletjie. Aansoeke is nou oop tot 19 Augustus. Desiree Mentor, skakelbeampte van die Nasionale Teater van Namibië …