Kaapstad help met massasterilisasies van diere

Die Stad Kaapstad tree weer eens in samewerking met dierewelsynsorganisasies op in belang van dieregesondheid. Die Stad se Stadsgesondheid het sedert 2013 fondse uitbetaal wat die Kaapse Dierewelsynsforum in staat gestel het om duisende diere in geïdentifiseerde gebiede te steriliseer, onwelkome werpsels te voorkom en om dieregesondheid te bevorder. ʼn Woordvoerder van die stad, Patricia van der Ross, sê Stadsgesondheid het bykans 6 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan Kaap die Goeie Hoop DBV uitbetaal om grootskaalse sterilisasie van diere moontlik te maak: