Landbou-sensus sal hierna kyk…

Die Namibiese Statistieke-agentskap het meer inligting bekend gemaak oor op watter data daar gefokus sal word met die landbou-sensus wat in die land uitgevoer sal word. Die agentskap het kragte met die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie saamgesnoer vir die landbou-sensus met ‘n skenking van 3,4 miljoen Namibiese dollar. Die sensus sal 18 maande duur en is uiters waardevol vir beplanning vir die landbou-bedryf. Abel Sindano die uitvoerende hoof vir ekonomiese statistiek by die Namibië Statistieke-agentskap, sê aan Kosmos 94.1 Nuus watter tipe data ingesamel sal word.