Nuwe soönotiese virus in China

Minstens 35 pasiënte in twee Chinese provinsies is besmet met die Langya henipavirus,volgens ‘n verslag in The New England Journal of Medicine. Navorsers sê daar is tot op hede geen bewyse dat die virus tussen mense oorgedra word nie, wat daarop dui dat dit soönoties versprei. Alhoewel die steekproef klein is, vermoed hulle dat Langya-virus deur spitmuise gedra word. Die meerderheid pasiënte in die Shandong- en Henan-provinsies van China geïdentifiseer.