Trump pleit die ‘vyfde’ onder eed

Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, het geweier om vrae onder eed te beantwoord in die New Yorkse burgerlike ondersoek na sy saketransaksies. Staatsamptenare beskuldig die Trump-organisasie dat hy belastingverligting en lenings deur bedrieglike of misleidende batewaarderings gekry het. Trump kritiseer in ‘n verklaring die New Yorkse prokureur-generaal, Letitia James, en die ondersoek. Hy sê James het haar loopbaan daarop gebou om hom en sy onderneming kwaadwillig aan te val. Die oudpresident sê hy het sy vertroue in die regstelsel verloor maar daar word bespiegel dat hy moontlik bang is dat die getuienis wat hy sou lewer teen hom gebruik kan word.