Vroue in diplomatieke diens kan baie groot verskil maak

Die bekende Namibiese vroue-aktivis dr. Veronica Theron en maatskaplike werker in die kantoor van die presidentsvrou, stem saam met die minister van internasionale betrekkinge Netumbo Nandi-Ndaitwah dat meer Namibiese vroue ‘n beroep in die diplomatieke dienste moet volg. Theron sê vroue in leierskaprolle sien om na sosio-ekonomiese ontwikkeling wat ‘n wen-wen is vir almal.

Read More

Ad hoc-komitee moet Phala Phala-aangeleentheid ondersoek

Die DA-leier John Steenhuisen het aan die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, geskryf en gevra dat sy dringend ‘n ad hoc-komitee aanstel om die rooftog in 2020 op President Cyril Ramaphosa se plaas Phala Phala in Limpopo ondersoek. Dit volg ná nuwe onthullings, onder andere dat die adjunkminister van staatsveiligheid, Zizi Kodwa, van […]

Read More

Ghislaine word teen selfmoord beskerm

Die veroordeelde Britse sosiale vlinder, Ghislaine Maxwell, word by ‘n tronk in Brooklyn teen selfdood beskerm, al toon sy nie selfdoodneigings nie. Dit is volgens haar prokureur, Bobby Sternheim. Hy sê hulle wil hê haar vonnisoplegging môre moet uitgestel word. Sternheim sê terwyl Maxwell onder hierdie beskerming bly, mag sy nie regskwessies voor haar vonnisoplegging deurgaan nie, sy word slaap ontneem en kry nie genoeg […]

Read More

Aborsies in die VSA: Trump sê dit was alles hy

Oudpresident Donald Trump het persoonlik verantwoordelikheid geneem vir die Amerikaanse hooggeregshof se beslissing dat aborsie nie ‘n grondwetlike reg is nie. Hy het ’n byeenkoms in Illilnois bygewoon en sê hy het drie bevoegde regters by die hof aangestel. Hy voeg by dinge is nou soos dit moet wees.

Read More

Rooftogte, onwettige wapens en DBV-diefstal…

Die Namibiese polisie sê net meer as 26 000 Namibiese dollar is gebuit by Pep Stores in Abraham Masego-straat in die hoofstad. Volgens die mag het die rooftog net na een-uur Sondag plaasgevind en vyf gewapende mans het die winkel bestorm. Hulle het in ‘n swart Nissan Tiida gevlug. In die noordweste, is ‘n man op Okanguati naby Epupa in hegtenis geneem vir die onwettige […]

Read More

Hage se reistogte: Kom terug met beleggings, nie beloftes nie

Namibiese President Hage Geingob en sy afvaardiging het verlede week die Katar Ekonomiese Forum in Doha bygewoon waartydens energie vir almal en die resessie onder meer bespreek is. Op pad terug het die Namibiese afvaardiging hul deelname aan die Statebondshoofde-vergadering in Kigali, Rwanda, die naweek afgesluit. Die tweedaagse vergadering is bygewoon deur meer as 30 […]

Read More

Ministerie sê werksoekers moet registreer op sy inligtingstelsel

Werksoekers word versoek om op die Namibiese Geïntegreerde en Indiensnemings-inligtingstelsel te registreer vir werksgeleenthede. Dit is ‘n stelsel wat deur die ministerie van arbeid ingestel is in ‘n poging om werksoekers in Namibië te help om werksgeleenthede van hul keuse te vind. Anna Salkeus, die arbeidsministerie se skakelbeampte …

Read More

VSA-maatskappye betaal reiskostes vir aborsies van werknemers

‘n Aantal Amerikaanse maatskappye het bevestig hulle sal die reiskoste dek van werknemers wat na ‘n ander staat wil reis om ‘n aborsie te kry. Die geld sal deur hulle gesondheidsversekerings-planne beskikbaar gestel word. Dit volg ná die Amerikaanse hooggeregshof se besluit om die grondwetlike reg op aborsie om te keer. Die maatskappye sluit Amazon, Disney, JP […]

Read More

Taverne-sterftes: Ramaphosa wil weet oor tieners tussen 13 en 17 jaar oud…

President Cyril Ramaphosa het sy meegevoel oorgedra aan die gesinne van die kinders wat by die Enyobeni-taverne in Scenery Park in die Oos-Kaap dood is. Minstens 20 tieners tussen 13 en 17 jaar oud is by die taverne dood. Die volledige besonderhede rondom die sterftes is nog onduidelik. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die […]

Read More

Savanna se finale beleggings Woensdag bekend

Beleggings in Savanna Beef Processors het Vrydag gesluit en voorlopige aanduidings is dat net minder as 142 miljoen Namibiese dollar ingewin is van 521 aansoeke. Volgens Mecki Schneider moet Cirrus nog finale berekenings doen en die finale syfers sal Woensdag bekend wees by Savanna se eerste raadsvergadering. Die Forum vir die Beesvleiswaardeketting het ‘n ledetal […]

Read More