Serena groet in Toronto

Die gouemedaljewenner van die 2020 Olimpiese Spele in Tokio, Belinda Bencic, het die 23-malige grand slam-kampioen, Serena Williams, met 6-2 en 6-4 afgeransel om die laaste 16 by die Kanadese Ope in Toronto te haal. Williams het aangekondig dat sy die sport ná die Amerikaanse Ope later die maand gaan vaarwel roep en vroeër aan die media gesê sy kom nader aan die lig. Die Amerikaner het tydens ‘n aandoenlike afskeidseremonie blomme en ‘n reeks Toronto-sporttruie vir haar en haar dogter Olympia ontvang. Williams sê sy het altyd daarvan gehou om in Toronto te speel: