Ad hoc-komitee moet Phala Phala-aangeleentheid ondersoek

Die DA-leier John Steenhuisen het aan die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, geskryf en gevra dat sy dringend ‘n ad hoc-komitee aanstel om die rooftog in 2020 op President Cyril Ramaphosa se plaas Phala Phala in Limpopo ondersoek. Dit volg ná nuwe onthullings, onder andere dat die adjunkminister van staatsveiligheid, Zizi Kodwa, van die rooftog geweet het, maar besluit het dit moet ‘n staatsgeheim bly. Steenhuisen sê ‘n geheime misdaadintelligensiefonds is na bewering ook gebruik: