Taverne-sterftes: Ramaphosa wil weet oor tieners tussen 13 en 17 jaar oud…

President Cyril Ramaphosa het sy meegevoel oorgedra aan die gesinne van die kinders wat by die Enyobeni-taverne in Scenery Park in die Oos-Kaap dood is. Minstens 20 tieners tussen 13 en 17 jaar oud is by die taverne dood. Die volledige besonderhede rondom die sterftes is nog onduidelik. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president is bekommerd oor die omstandighede waaronder die jongmense bymekaargekom het by ‘n plek wat nie persone onder die ouderdom van 18 behoort toe te laat nie: