Ghislaine word teen selfmoord beskerm

Die veroordeelde Britse sosiale vlinder, Ghislaine Maxwell, word by ‘n tronk in Brooklyn teen selfdood beskerm, al toon sy nie selfdoodneigings nie. Dit is volgens haar prokureur, Bobby Sternheim. Hy sê hulle wil hê haar vonnisoplegging môre moet uitgestel word. Sternheim sê terwyl Maxwell onder hierdie beskerming bly, mag sy nie regskwessies voor haar vonnisoplegging deurgaan nie, sy word slaap ontneem en kry nie genoeg tyd om met haar regspan te vergader nie. Maxwell is daaraan skuldig bevind dat sy wyle Jeffrey Epstein gehelp het om tienermeisies seksueel te misbruik.