VSA-maatskappye betaal reiskostes vir aborsies van werknemers

‘n Aantal Amerikaanse maatskappye het bevestig hulle sal die reiskoste dek van werknemers wat na ‘n ander staat wil reis om ‘n aborsie te kry. Die geld sal deur hulle gesondheidsversekerings-planne beskikbaar gestel word. Dit volg ná die Amerikaanse hooggeregshof se besluit om die grondwetlike reg op aborsie om te keer. Die maatskappye sluit Amazon, Disney, JP Morgan en die Facebook-eienaar, Meta, in. Daar word berig Disney het sowat 80 000 werkers by sy oord in Florida, waar die goewerneur reeds ‘n wet onderteken het wat aborsie na die 15de week van swangerskap verbied en wat Vrydag van krag word.