Hage se reistogte: Kom terug met beleggings, nie beloftes nie

Namibiese President Hage Geingob en sy afvaardiging het verlede week die Katar Ekonomiese Forum in Doha bygewoon waartydens energie vir almal en die resessie onder meer bespreek is. Op pad terug het die Namibiese afvaardiging hul deelname aan die Statebondshoofde-vergadering in Kigali, Rwanda, die naweek afgesluit. Die tweedaagse vergadering is bygewoon deur meer as 30 ander leiers. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement van ekonomie aan die Universiteit van Namibië sê wat as suksesse van hierdie geleenthede gesien kan word.