Savanna se finale beleggings Woensdag bekend

Beleggings in Savanna Beef Processors het Vrydag gesluit en voorlopige aanduidings is dat net minder as 142 miljoen Namibiese dollar ingewin is van 521 aansoeke. Volgens Mecki Schneider moet Cirrus nog finale berekenings doen en die finale syfers sal Woensdag bekend wees by Savanna se eerste raadsvergadering. Die Forum vir die Beesvleiswaardeketting het ‘n ledetal van 527 tot dusver en Schneider sê nog aansoeke kom daagliks in.